Luke 4:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En duiwels het ook uit baie uitgegaan en uitgeroep en gesê: U is die Christus, die Seun van God. En Hy wat hulle bestraf, het hulle nie toegelaat om te praat nie. Want hulle het geweet dat Hy Christus is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sommige was van duiwels besete en die duiwels het op sy bevel uitgekom terwyl hulle skree: “U is die Seun van God.” Maar omdat hulle geweet het dat Hy die Messias is, het Hy hulle tereggewys en verbied om daaroor te praat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en gesê: U is die Christus, die Seun van God! En Hy het hulle bestraf en nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was. |
| Afrikaans 1983 | Ook bose geeste het uit baie uitgegaan terwyl hulle skreeu: “U is die Seun van God!” En Jesus het hulle skerp aangespreek en hulle nie toegelaat om sulke dinge te sê nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar het ook demone uit baie mense uitgegaan, terwyl hulle skreeu: “U is die •Seun van God!” Maar Hy het hulle skerp aangespreek en hulle nie toegelaat om te praat nie. Hulle het immers geweet dat Hy die Christus is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het ook duiwels uit baie mense uitgegaan en die duiwels het geskree: “U is die Seun van God.” Die duiwels het geweet Hy is die Christus. Daarom het Jesus kwaai gepraat met hulle en gesê hulle moet stilbly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer hierdie duiwels die mense verlaat het, het hulle hard geskree: “U is die Seun van God, U is die Seun van God!” Maar Jesus het hulle beveel om stil te bly. Die bose magte het baie goed geweet dat Hy die Messias is, die Een wat deur God gestuur is om mense te kom verlos. Maar Jesus wou nie hê dat die duiwels moes sê wie Hy is nie. Hy wou dit self doen, op sy eie manier. |