Luke 4:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle was almal verbaas en het onder mekaar gepraat en gesê: Wat 'n woord is dit! want met gesag en krag gee Hy die onreine geeste bevel, en hulle gaan uit.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense het verbaas uitgeroep: “Watter gesag en mag het hierdie man se woorde nie! Selfs bose geeste gehoorsaam hom en vlug op sy bevel!”
Afrikaans 1933/1953 Toe kom daar verbaasdheid oor almal, en hulle praat met mekaar en sê: Wat vir 'n woord is dit, dat Hy met gesag en mag die onreine geeste gebied, en hulle gaan uit!
Afrikaans 1983 Almal was baie verbaas, en hulle raak aan die praat en vra vir mekaar: “Wat vir 'n woord is dit dat hy met gesag en mag die onrein geeste gebied, en hulle gaan uit?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Almal was baie verbaas en hulle het vir mekaar gesê: “Wat is besonders omtrent hierdie man se woorde, dat Hy die onrein geeste met soveel gesag en mag gebied, en hulle dan die mense verlaat?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense was baie verbaas en hulle het vir mekaar gesê: “Die woorde wat hierdie man sê, kom van God. Hy sê vir die onrein geeste om uit te gaan, en dan gaan hulle uit.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal wat dit gesien het, was uitermate verbaas. Hulle het onder mekaar begin praat en gesê: “Wie is hierdie man dat hy met ’n enkele woord sulke groot dinge kan laat gebeur? Hy sê net vir die duiwels om pad te gee, dan doen hulle dit!”