Luke 4:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit. En toe die duiwel hom in die middel ingegooi het, het hy uit hom uitgegaan en hom geen leed aangedoen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het hom kortgevat. “Bly stil!” het Hy vir die duiwel gesê. “Kom uit die man uit!” Die duiwel het die man daar voor almal op die vloer gegooi; toe het die duiwel uit hom gegaan sonder om hom verder seer te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak. |
| Afrikaans 1983 | Maar Jesus het hom skerp aangespreek: “Bly stil en gaan uit hom uit!” En die bose gees het die man tussen die mense laat neerslaan en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Jesus het hom skerp aangespreek: “Bly stil en gaan uit hom uit!” En die demoon het die man tussen hulle op die grond laat neerslaan en uit hom uitgegaan sonder om hom te beseer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het met die gees geraas en gesê: “Bly stil en gaan uit die man uit!” Almal het gesien die duiwel gooi die man op die grond. Toe het hy uit die man gegaan, hy het die man nie seergemaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het die duiwel dadelik stilgemaak: “Bly stil! Gee pad uit die man uit!” Die duiwel het die man toe op die grond neergegooi en padgegee. Gelukkig het hy nie seergekry nie. |