Luke 4:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: Laat ons staan; wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? kom jy om ons te vernietig? Ek ken jou wie jy is; die Heilige van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gaan weg! Waarom pla jy ons, Jesus van Nasaret? Het jy gekom om ons te vernietig? Ek weet wie jy is: Die Heilige wat deur God gestuur is!” |
| Afrikaans 1933/1953 | en gesê: Ha! wat het ons met U te doen, Jesus, Nasar,ner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God! |
| Afrikaans 1983 | “Ha! Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet wie U is: U is die Heilige van God!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ag, los ons uit, Jesus van Nasaret! Het U gekom om ons te vernietig? Ek weet wie U is – U is die •Heilige van God! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jesus van Nasaret, wat wil U met ons doen? Het U gekom om ons dood te maak? Ek weet wie U is. U is die Heilige wat van God kom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wat het ons met Jou te doen, Jesus van Nasaret? Los ons uit! Dink Jy miskien dat Jy ons kan kom vernietig? Ek weet baie goed wie Jy is: Jy is daardie man wat van God af kom!” |