Luke 4:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En baie melaatses was in Israel in die tyd van die profeet Eliseus; en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Naäman, die Arameër. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Of dink aan die profeet Elisa wat Naäman die Siriër genees het, eerder as die baie mense in Israel wat aan ernstige velsiektes gely het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van El¡sa, die profeet, en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Naäman, die S¡riër. |
| Afrikaans 1983 | En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Elisa. Tog is nie een van hulle genees nie, maar wel Naäman, die Siriër.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was ook in die tyd van die profeet Elisa baie melaatses in Israel. Tog is nie één van hulle gereinig nie, maar wel Naäman, die Siriër.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En in die tyd toe die profeet Elisa gelewe het, was daar baie melaatse mense in die land Israel. Maar die Here het nie een van hulle gesond gemaak nie, net vir Naäman, die Siriër.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En in die tyd van die profeet Elisa was daar ook baie melaatses in Israel. Tog het God net vir Naäman die Siriër gesond laat word van sy melaatsheid.” |