Luke 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus het in die krag van die Gees na Galiléa teruggekeer, en daar het 'n roem van Hom uitgegaan in die hele omtrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierna het Jesus, gevul met die krag van die Heilige Gees, na Galilea teruggegaan. Hy het deur die hele omgewing bekend geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesus het in die krag van die Gees na Galil,a teruggekeer, en daar het 'n gerug aangaande Hom deur die hele omtrek uitgegaan; |
| Afrikaans 1983 | Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vol van die krag van die Gees, het Jesus na Galilea teruggegaan, en die nuus oor Hom het deur die hele omgewing versprei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het teruggegaan na Galilea. Die Heilige Gees het Hom sterk gemaak. In Galilea het al die mense oor Jesus gepraat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vol van die krag van die Heilige Gees het Jesus na Galilea toe teruggekeer. Kort voor lank het almal geweet dat Hy terug is. |