Luke 3:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie se waaier in sy hand is, en hy sal sy vloer deurgaans suiwer en die koring in sy skuur bymekaarmaak; maar die kaf sal hy met onuitbluslike vuur verbrand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hy is gereed om met sy gaffel die kaf van die koring te skei. Hy sal dan die dorsvloer skoonmaak en die graan in sy skuur bêre en die kaf met onblusbare vuur verbrand.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand. |
| Afrikaans 1983 | Hy het sy skop in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Die koring sal Hy in sy skuur bymekaarbring, maar die kaf sal Hy met onblusbare vuur verbrand.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het sy hooivurk in sy hand om sy dorsvloer deeglik skoon te maak en om die koring in sy skuur te versamel, maar die kaf sal Hy met 'n onblusbare vuur verbrand.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal nou die mense oordeel. Dit sal wees soos wanneer iemand 'n vurk neem om die koring en die kaf op sy dorsvloer van mekaar te skei. Hy maak die koring bymekaar en bêre dit in sy stoorkamer, en Hy verbrand die kaf. Die oordeel van God sal wees soos 'n vuur wat nie ophou brand nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hierdie Man wat op pad is na julle toe gaan Israel van hoek tot kant skoonmaak. Hy gaan die koring van die kaf skei. Vir almal wat na Hom luister, sal Hy ’n plek gee in God se splinternuwe wêreld. Maar almal wat hulle nie aan God steur nie, sal Hy in die vuur van die hel gooi wat nooit ophou brand nie.” |