Luke 3:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ook tollenaars gekom om gedoop te word en vir Hom gesê: Meester, wat moet ons doen?
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs tollenaars het gekom om gedoop te word en gevra: “Leermeester, wat moet ons doen?”
Afrikaans 1933/1953 En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?
Afrikaans 1983 Daar kom toe ook tollenaars om gedoop te word en hulle sê vir hom: “Meneer, wat moet ons doen?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar het ook •tollenaars gekom om gedoop te word, en hulle het hom gevra: “Meester, wat moet ons doen?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die tollenaars het ook gekom sodat Johannes hulle kan doop. Hulle het vir hom gevra: “Meneer, wat moet ons doen?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Klompie mense wat belasting ingevorder het, het ook na Johannes toe gekom om gedoop te word. Hulle vra toe vir hom: “Meneer, wat van ons? Wat moet ons doen om in die regte verhouding met God te kom?”