Luke 24:53 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle was voortdurend in die tempel en het God geprys en geseën. Amen.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar het hulle al hulle tyd in die tempel deurgebring en God geloof.
Afrikaans 1933/1953 En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen.
Afrikaans 1983 Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En hulle het God voortdurend in die tempelterrein bly prys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het elke dag na die tempel gegaan en hulle het God geprys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle was baie opgewonde oor alles wat hulle gesien en beleef het. In Jerusalem het hulle elke dag na die tempel toe gegaan om God te dien en te eer.