Luke 24:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hulle bang was en hul aangesig na die aarde neerbuig, sê hulle vir hulle: Waarom soek julle die lewende onder die dooies?
Afrikaans (NLV) 2011 Die vroue was verskrik en het hulle gesigte afgebuig grond toe. Die mans sê vir hulle: “Waarom soek julle die lewende tussen die lyke?
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
Afrikaans 1983 Die vroue het groot geskrik en met hulle gesig na die grond toe gebuig. Toe sê die manne vir hulle: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle was verskrik en het hulle gesigte na die grond toe gedraai, en die mans het vir hulle gesê: “Waarom soek julle die lewende by die dooies?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vroue het bang geword en hulle het laag gebuig. Toe sê die mans vir hulle: “Hoekom soek julle die Een wat lewe by die mense wat dood is?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vroue het groot geskrik, want hulle het besef dit is engele. Hulle het dadelik hulle koppe uit eerbied laat sak.