Luke 24:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles vervul moet word wat geskrywe is in die wet van Moses en in die profete en in die psalms, aangaande ek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Hy vir hulle gesê: “Toe Ek nog saam met julle was, het Ek aan julle verduidelik dat alles wat in die wet van Moses en in die profete en die psalms oor My geskryf is, vervul moet word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. |
| Afrikaans 1983 | Daarna sê Hy vir hulle: “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het Hy vir hulle gesê: “Dit was my woorde wat Ek tot julle gerig het toe Ek nog saam met julle was, dat alles wat in die •Wet van Moses en die Profete en die Psalms oor My geskryf is, vervul moet word. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het Jesus vir hulle gesê: “Onthou julle wat Ek gesê het voor Ek gesterf het en weer begin lewe het? Ek het toe vir julle gesê dat alles waar moet word wat in die boeke van Moses geskryf is oor My, en ook in die boeke van die profete en in die boek Psalms.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna sê Jesus vir die apostels: “Onthou julle dat Ek vroeër vir julle gesê het dat alles wat die Bybel oor My sê binnekort waar sou word? Wel, elke uitspraak oor My in die wet van Moses, en ook in die profete en die psalms, het nou waar geword.” |