Luke 24:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het hom gedwing en gesê: Bly by ons, want dit is teen aand en die dag is ver verby. En hy het ingegaan om by hulle te vertoef.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar hulle het by Hom aangedring: “Bly by ons oor. Die son trek al water en die dag is verby.” Toe het Jesus by hulle ingedraai om saam met hulle oor te bly.
Afrikaans 1933/1953 maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.
Afrikaans 1983 Hulle het egter by Hom aangedring en gesê: “Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is al verby.” Toe het Hy ingegaan om by hulle oor te bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hulle het sterk by Hom aangedring: “Bly by ons, want dit is amper aand, en die dag is reeds verby.” Hy het toe ingedraai om by hulle oor te bly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die twee mans het vir Jesus gesê: “Nee, bly by ons, want dit is amper aand, die dag is verby.” Jesus het toe saam met hulle by die huis ingegaan en Hy het by hulle gebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nee, wag! Kom bly asseblief vanaand by ons oor. Dis netnou donker.” Jesus het ingestem en saam met hulle na hulle huis toe geloop.