Luke 24:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het nader gekom na die dorp waarheen hulle gegaan het, en hy het gemaak asof hy verder sou gegaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle naderkom aan die dorpie waarheen hulle op pad was, het Jesus voorgegee dat Hy verder wil reis. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan; |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle by die dorpie aankom waarheen hulle op pad was, het Hy gemaak of Hy verder wou gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle nader kom aan die dorpie waarheen hulle op pad was, het Jesus voorgegee dat Hy verder wil reis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle naby die dorpie kom waarnatoe hulle geloop het, het Jesus gemaak of Hy verder wil loop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later het hulle by Emmaus aangekom. Toe Jesus sê dat Hy nog verder moet stap, het die twee dadelik gesê: |