Luke 24:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Hy vir hulle: O dwase, en traag van hart om alles te glo wat die profete gespreek het! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Jesus vir hulle: “O, hoe sonder begrip en traag van hart is julle om alles wat die profete gesê het, te glo! |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Hy vir hulle: “Wat 'n gebrek aan begrip en wat 'n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Hy vir hulle: “O, julle wat so sonder begrip is, met harte wat traag is om alles te glo wat die profete gesê het! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Jesus vir die twee mans: “Hoekom verstaan julle nie wat gebeur het nie? Hoekom wil julle nie glo wat die profete gesê het nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sê toe vir hulle: “Ek kan nie glo julle geloof is so klein nie. Hoekom glo julle nie wat God se boodskappers in die Bybel sê nie? |