Luke 24:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hoe die owerpriesters en ons owerstes Hom oorgegee het om ter dood veroordeel te word en Hom gekruisig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die priesterhoofde en ons volksleiers het Hom uitgelewer om tot die dood veroordeel en gekruisig te word. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het. |
| Afrikaans 1983 | en hoe ons priesterhoofde en die lede van ons Raad Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word, en Hom gekruisig het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hoe die leierpriesters en ons volksleiers Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word, en Hom laat kruisig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die priesterleiers en die leiers van ons volk het niks daarvan gehou nie. Hulle het vir Jesus gaan beskuldig by Pilatus, hulle wou hê Pilatus moet sê dat Jesus moet sterf. Toe het hulle vir Jesus gekruisig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar toe het die spul godsdienstige leiers van ons volk Hom gevang. Daarna is Hy skuldig bevind en gekruisig. |