Luke 24:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle sê vir hom: Aangaande Jesus van Nasaret, wat 'n profeet was, magtig in daad en woord voor God en die hele volk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus reageer en vra hulle: “Watter dinge?” Hulle antwoord Hom: “Dié dinge wat gaan oor Jesus van Nasaret. Hy was ’n profeet, kragtig in woord en daad voor God en die hele volk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasar,ner, wat 'n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk; |
| Afrikaans 1983 | Hy vra vir hulle: “Watter dinge?” Hulle antwoord Hom: “Die dinge in verband met Jesus van Nasaret, 'n profeet wat magtig was in woord en daad voor God en die hele volk; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy vra hulle: “Watter dinge?” En hulle antwoord Hom: “Dit wat gebeur het met Jesus van Nasaret, 'n profeet, magtig in woord en daad in die oë van God en die hele volk, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hulle gevra: “Watter dinge?” Hulle sê toe vir Jesus: “Al die dinge wat gebeur het met Jesus, die man van Nasaret. Jesus was 'n profeet. Hy het wonderlike dinge gedoen en gesê. God was by Hom en al die mense het van Hom geweet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wat?” vra Jesus toe. “Wel, Jesus van Nasaret, daardie groot Boodskapper van God, is Vrydag daar doodgemaak. Hy het groot wonderwerke gedoen en met gesag oor God se nuwe wêreld gepraat. |