Luke 24:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die een van hulle, wie se naam Kleopas was, antwoord en sê vir hom: Is jy net 'n vreemdeling in Jerusalem en weet jy nie die dinge wat in hierdie dae daar gebeur het nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een van hulle wat Kleopas genoem word, antwoord Jesus toe: “U is seker die enigste buitelander in Jerusalem wat nie kennis dra van al die dinge wat gedurende hierdie dae in die stad gebeur het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die een wie se naam Kl,opas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen 'n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie? |
| Afrikaans 1983 | en een van hulle, met die naam Kleopas, antwoord Hom: “Is u dan die enigste vreemdeling in Jerusalem dat u nie weet van die dinge wat in die afgelope dae daar gebeur het nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Een van hulle, met die naam Kleopas, het Hom geantwoord: “Is u die enigste vreemdeling in Jerusalem wat nie weet van die dinge wat in hierdie dae in die stad gebeur het nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kleopas, een van die mans, het vir Jesus gevra: “Woon jy nie in Jerusalem nie? Weet jy nie van al die dinge wat hier gebeur het in die dae wat verby is nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kleopas, een van die twee, sê toe vir Hom: “Wat? Ek kan nie glo jy vra so iets nie. Jy kom dan nou uit Jerusalem uit. Het jy nie gehoor wat die afgelope naweek daar gebeur het nie?” |