Luke 24:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe staan Petrus op en hardloop na die graf; En toe hy vooroor gebuk het, sien hy die linneklere wat by hulleself lê, en hy het weggegaan terwyl hy in homself verwonderd was oor wat gebeur het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Petrus het egter opgespring en na die graf toe gehardloop. Toe hy buk om in te loer, sien hy net die linnedoeke. Verbaas oor wat gebeur het, is hy terug huis toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Petrus het opgestaan en na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen lê. En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het. |
| Afrikaans 1983 | Petrus het egter opgespring en na die graf toe gehardloop. Toe hy daar vooroor buk, sien hy net die doeke. Vol verwondering oor wat gebeur het, is hy terug huis toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | •Petrus egter het opgestaan en na die graf gehardloop. Toe hy vooroor buk, sien hy net die linnedoeke. En hy het teruggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Petrus het opgestaan en hy het na die graf gehardloop. Hy het gebuk en by die graf ingekyk en gesien daar lê net lappe. Hy het teruggegaan en hy was baie verbaas oor wat gebeur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |