Luke 24:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die eerste dag van die week, baie vroeg in die môre, het hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat hulle voorberei het, en sommige ander saam met hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Douvoordag op die Sondagoggend het die vroue na die graf toe gegaan met die aromatiese olie wat hulle voorberei het.
Afrikaans 1933/1953 En baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.
Afrikaans 1983 Die Sondagmôre baie vroeg het die vroue na die graf toe gegaan met die reukolie wat hulle reggemaak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teen dagbreek, op die eerste dag van die week, het hulle na die graf gegaan met die geurige speserye wat hulle voorberei het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baie vroeg die Sondag-oggend het die vroue na die graf gegaan. Hulle het lekkerruik-olie gereedgemaak en hulle het dit saamgeneem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroeg die Sondagoggend is die Galilese vroue na Jesus se graf toe met al die speserye wat hulle bymekaargesit het. Maar toe hulle daar aankom, wag daar ’n groot skok op hulle: