Luke 23:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy wou Hom graag sien oor 'n lang tyd, omdat hy baie van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander wonderwerk deur hom te sien doen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Herodes was baie opgewonde om Jesus te sien. Hy het al vir ’n lang tyd die begeerte gehad om Jesus te sien omdat hy al soveel van Hom gehoor het. Hy het ook gehoop om te sien hoe Jesus die een of ander wonderteken verrig.
Afrikaans 1933/1953 En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.
Afrikaans 1983 Herodes was baie bly om Jesus te sien. Omdat hy soveel van Hom gehoor het, het hy al 'n geruime tyd die begeerte gehad om Hom te sien. Hy het ook gehoop om Hom een of ander wonderwerk te sien doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy wou Hom al 'n geruime tyd te siene kry, omdat hy van Hom gehoor het en gehoop het om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Herodes was baie bly om Jesus te sien, want hy wou graag vir Jesus ontmoet omdat hy baie van Hom gehoor het. Herodes het gehoop Jesus doen 'n wonderteken voor hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Jesus by Herodes aankom, was hy bly. “Aha! Uiteindelik kry ek die man te sien van wie ek so baie gehoor het,” het Herodes gesê. “Nou toe, doen gou vir my die een of ander groot teken.”