Luke 23:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy geweet het dat hy aan Herodes se regsgebied behoort, het hy hom na Herodes gestuur, wat self ook in daardie tyd in Jerusalem was.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat hy hom daarvan vergewis het dat Jesus wel uit dié gebied afkomstig is wat onder Herodes se beheer val, het hy Jesus na Herodes toe gestuur, wat juis gedurende daardie tyd in Jerusalem was.
Afrikaans 1933/1953 En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.
Afrikaans 1983 Nadat hy te wete gekom het dat Jesus uit die magsgebied van Herodes afkomstig was, het hy Hom na Herodes toe gestuur, wat juis in daardie tyd self in Jerusalem was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en toe hy besef dat Hy afkomstig is uit die magsgebied van Herodes, het hy Hom na Herodes gestuur, wat self juis in daardie tyd in Jerusalem was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe hy hoor dat Jesus van Galilea kom waar Herodes koning is, het hy vir Jesus na koning Herodes toe gestuur. Herodes was ook vir die Paasfees in Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe almal ja sê, het Pilatus besluit om Jesus na Herodes Antipas, die heerser oor Galilea, te stuur, want hy was ook in daardie tyd in Jerusalem.