Luke 23:56 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het teruggegaan en speserye en salf berei; en het die sabbatdag gerus volgens die gebod.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het hulle teruggegaan huis toe om die aromatiese olie en speserye te gaan voorberei. Op die Sabbat het hulle gerus volgens die gebod in die wet.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.
Afrikaans 1983 Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak. Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het hulle teruggekeer huis toe, en geurige speserye en reukolies gaan voorberei. Op die Sabbat het hulle gerus, soos die gebod voorskryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het die vroue teruggegaan na die stad. Hulle het lekkerruik-olie en salf gereedgemaak, hulle wou dit later aan Jesus se liggaam smeer. Maar op die Sabbatdag het hulle eers gerus, soos die Wette van Moses sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het hulle teruggegaan na die plek waar hulle gebly het. Hulle het gou al hulle kosbare salf en speserye bymekaargesit om Jesus se liggaam te gaan salf wanneer die sabbat verby was.