Luke 23:55 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ook die vroue wat saam met hom uit Galilea gekom het, het agterna gekom en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het Josef gevolg en die rotsgraf gesien, asook hoe sy liggaam daarin neergelê word.
Afrikaans 1933/1953 En die vroue wat saam met Hom van Galil,a gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.
Afrikaans 1983 Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het saamgeloop en die graf gesien en gekyk hoe sy liggaam neergelê word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vroue wat saam met Hom uit Galilea gekom het, het hom gevolg en die graf gesien, en ook hoe sy liggaam neergelê is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vroue wat saam met Jesus gekom het van Galilea, het die graf gesien en hulle het ook gesien hoe Josef die liggaam van Jesus in die graf sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vroue wat uit Galilea saam met Jesus na Jerusalem toe gekom het, was ook by toe Josef Jesus se liggaam begrawe het. Hulle het alles aanskou.