Luke 23:53 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het dit afgehaal en in linne toegedraai en dit in 'n graf neergelê wat in klip gekap was, waarin nog nooit iemand tevore gelê is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat hy die liggaam afgehaal het, het hy dit in linne toegebind en in ’n rotsgraf gaan neerlê waarin niemand nog ooit begrawe was nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in 'n graf wat uit 'n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie. |
| Afrikaans 1983 | Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in 'n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat hy die liggaam afgehaal het, het hy dit in linnedoeke toegedraai en Hom neergelê in 'n rotsgraf waarin daar nog nooit iemand neergelê is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Josef die liggaam van die kruis afgehaal en hy het dit in lap toegedraai. Hy het die liggaam in 'n graf gesit wat hulle in 'n rots gekap het. Hulle het nog nie voorheen iemand in daardie graf begrawe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat Josef Jesus se liggaam van die kruis afgehaal het, het hy dit in skoon linnedoeke toegedraai en dit in ’n graf gaan begrawe wat aan hom behoort het. Dit was ’n nuwe graf wat in die rots uitgekap was. |