Luke 23:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (Hy het nie ingestem met die raad en daad van hulle nie;) hy was van Arimathéa, 'n stad van die Jode, wat self ook op die koninkryk van God gewag het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het nie vrede gehad met hulle besluite en optrede nie. Hy het van die Joodse dorp Arimatea af gekom en het uitgesien na die koninkryk van God.
Afrikaans 1933/1953 -- hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie -- van Arimath,a, 'n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.
Afrikaans 1983 ***
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het nie met hulle besluit en optrede saamgestem nie. Hy was afkomstig van die Joodse dorp Arimatea, en het uitgesien na die •koninkryk van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het gedink die Raad het verkeerd besluit oor Jesus. Josef het gekom van die Joodse stad Arimatea. Hy het ook gewag dat die tyd sal kom wanneer God Koning sal wees oor almal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [51-52] Josef was ’n lid van die Joodse Raad en ’n goeie en godvresende man. Hy het nie saamgestem met die manier waarop die Joodse Raad Jesus veroordeel en laat doodmaak het nie. Want hy het geglo dat God se nuwe wêreld sou kom soos Jesus gesê het.