Luke 23:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, daar was 'n man met die naam van Josef, 'n raadgewer; en hy was 'n goeie man en 'n regverdige.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ’n man met die naam Josef, ’n lid van die Joodse Raad, ’n goeie en regverdige man.
Afrikaans 1933/1953 En daar was 'n man met die naam van Josef, 'n lid van die Raad, 'n goeie en regverdige man
Afrikaans 1983 [50-51] Daar was 'n man met die naam Josef, afkomstig van 'n Joodse dorpie Arimatea. Hy was 'n goeie en opregte man en het die koms van die koninkryk van God verwag. Hoewel hy lid van die Joodse Raad was, het hy nie met hulle besluit en optrede saamgestem nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En kyk, daar was ook 'n man met die naam Josef, 'n lid van die Raad, 'n goeie en •regverdige man.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 'n man, sy naam was Josef. Hy was 'n lid van die Joodse Raad en hy was 'n goeie man wat gehoorsaam was aan al die Wette van Moses.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Josef van Arimatea sien Jesus is dood, het hy vir Pilatus gaan vra of hy sy liggaam kon neem om begrawe te word.