Luke 23:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle was des te heftiger en het gesê: Hy wek die volk op deur te leer in die hele Jodedom, van Galilea af tot by hierdie plek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het opgesweep geraak en aanhou roep: “Hy hits deur sy onderrig die volk deur die hele Judea aan. Hy het in Galilea begin en nou is hy ook hier.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judiadeur, vandat Hy in Galil,a begin het tot hiertoe. |
| Afrikaans 1983 | Maar hulle het sterker aangedring en gesê: “Die hele Joodse land deur stook hy die volk op met sy leer. Hy het van Galilea af begin en tot hier daarmee gekom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hulle het aangedring: “Hy sweep die volk dwarsdeur die hele Judea op met sy lering, vandat hy in Galilea begin het tot hier.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die priesterleiers het aangehou om te sê: “Hy maak die mense opstandig, want hy het begin om vir die mense in Galilea verkeerde dinge te leer, en nou doen hy dit ook in die hele land Judea.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die godsdienstige leiers was glad nie daarvoor te vinde nie. “Nee, hierdie man is baie gevaarlik. Hy stook almal op, van Galilea af tot hier in Jerusalem.” |