Luke 23:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die mense wat by daardie gesig bymekaargekom het, het die dinge gesien wat gebeur het, en hulle het op hulle borste geslaan en teruggekeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele skare wat saamgedrom het vir hierdie skouspel en gesien het wat alles gebeur het, het as teken van rou op hulle bors geslaan en huis toe gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan. |
| Afrikaans 1983 | Al die mense wat saamgedrom het om na die skouspel te kyk en gesien het wat daar gebeur het, het verslae huis toe gegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaargekom en gesien het wat gebeur, het teruggegaan, terwyl hulle op hulle bors slaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was baie mense wat kom kyk het wat gebeur. Hulle was jammer dat dit gebeur het en hulle het hulleself op die bors geslaan. Toe het hulle teruggegaan na hulle huise in die stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die skare daar om die kruis het dadelik hulle koppe laat sak en op hulle bors geslaan as teken van hartseer. |