Luke 23:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle by die plek kom wat Golgota genoem word, het hulle Hom daar gekruisig en die kwaaddoeners, een aan die regter- en een aan die linkerkant. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle by die plek aankom wat Kopbeen genoem word, het hulle Jesus daar gekruisig, asook die misdadigers — een aan Jesus se regter- en een aan sy linkerkant. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter-- en een aan die linkerkant. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar gekruisig – so ook die misdadigers, een aan sy regterhand en een aan sy linkerhand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle kom toe by 'n plek, die plek se naam was Kopbeen. Daar het die soldate vir Jesus gekruisig. Hulle het ook die twee skelms gekruisig, een regs langs Jesus en die ander een links langs Hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Twee terroriste is ook saam met Hom daar op Golgota, “die Plek van die Kopbeen”, gekruisig. Hulle kruise is aan weerskante van Syne in die grond ingeplant. |