Luke 23:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n groot menigte mense en vroue het Hom gevolg, wat ook oor Hom geweeklaag en beklaag het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Groot menigte van die volk het Jesus gevolg, ook vroue wat op hulle bors geslaan en oor Hom gehuil het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het. |
| Afrikaans 1983 | 'n Groot menigte van die volk het agter Jesus aan geloop, onder wie ook vroue wat oor Hom getreur en gehuil het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Groot menigte van die volk het Hom gevolg, en ook vroue wat aanhoudend op hulle bors slaan en oor Hom weeklaag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baie mense het agter Jesus geloop. Party van die vroue het hulleself op die bors geslaan en hulle het oor Jesus gehuil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Groot skare het ook agter Jesus aangestap. Baie vroue het hardop gehuil. |