Luke 23:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hulle hom weglei, het hulle een Simon, 'n Cireneer, wat uit die land gekom het, gegryp, en hulle het die kruis op hom gelê, dat hy dit agter Jesus aan kon dra.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl hulle besig was om Jesus weg te lei, het hulle ene Simon van Sirene, wat van die veld af gekom het, geforseer om die kruis agter Jesus aan te dra.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Cir,ne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.
Afrikaans 1983 Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle 'n sekere Simon van Sirene, wat toe net van buite die stad af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die soldate Jesus weglei, het hulle 'n sekere Simon van Sirene gegryp wat van die platteland af gekom het. Hulle het die kruis op sy rug gesit om dit agter Jesus aan te dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die soldate het vir Jesus weggevat. Daar het 'n man van buite die stad gekom, sy naam was Simon, hy was van die stad Sirene. Die soldate het hom gevat en hulle het Jesus se kruis op hom gesit. Hulle het vir hom gesê hy moet agter Jesus loop en hy moet die kruis dra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het die soldate Jesus weggevat na die plek buitekant die stad waar die mense gewoonlik gekruisig is. Langs die pad sien hulle toe ’n man wat uit die veld nader gestap kom om te kyk wat aan die gang was. Sy naam was Simon. Hy was afkomstig uit Sirene in Afrika. Die soldate tel toe Jesus se kruis op sy rug en sê: “Toe, dra hierdie man se kruis! Stap agter hom aan tot daar waar hy gekruisig moet word.”