Luke 23:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hom wat vir opruiing en moord in die gevangenis gewerp is, vir hulle vrygelaat wat hulle begeer het; maar hy het Jesus aan hulle wil oorgegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die man wat as gevolg van ’n opstand en moord in die tronk gegooi was, vrygelaat soos hulle geëis het, maar vir Jesus het hy volgens hulle wens uitgelewer.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.
Afrikaans 1983 Die man wat oor opstand en moord in die tronk was, het hy vrygelaat, soos hulle geëis het, maar vir Jesus het hy uitgelewer, soos hulle wou hê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die man laat gaan wat vir oproer en moord in die tronk gegooi is, die een vir wie se vrylating hulle gevra het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir Barabbas laat uitkom, Barabbas wat in die tronk was omdat hy die leier was van mense wat opstandig was teen die Romeinse regering, en omdat hy iemand vermoor het. Pilatus het gedoen wat die mense gevra het, hy het gesê Jesus moet sterf, want dit is wat die mense wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Pilatus het toe vir Barabbas losgelaat wat in die tronk was omdat hy ’n terroris en ’n moordenaar was. En vir Jesus het hy in die hande van die soldate en die mense oorgegee. Nou het die bloeddorstige skare eindelik hulle sin gekry.