Luke 23:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir die derde keer vir hulle: Waarom, watter kwaad het hy gedoen? Ek het geen doodsoorsaak by hom gevind nie; daarom sal ek hom tugtig en hom laat gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vir die derde keer sê Pilatus vir hulle: “Watter kwaad het hierdie man gedoen? Ek het in hom geen gronde vir die doodstraf gekry nie. Ek sal hom laat gésel en dan vrylaat.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat. |
| Afrikaans 1983 | Die derde keer sê Pilatus vir hulle: “Watter kwaad het die man gedoen? Ek het in hom niks gekry wat die doodstraf regverdig nie. Ek sal hom dus laat gesel en dan loslaat.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir 'n derde maal het hy vir hulle gesê: “Watter kwaad het hy dan gedoen? Ek het niks gevind waarvoor hy die dood verdien nie. Ek gaan hom dus laat gesel en dan vrylaat.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Pilatus het 'n derde maal met die mense gepraat. Hy het gesê: “Sê vir my, wat het hierdie man gedoen wat verkeerd is? Ek kan niks kry waaroor hy moet sterf nie. Ek sal hom laat slaan, en dan sal ek hom uit die tronk laat kom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe maak Pilatus die skare ’n derde keer stil en vra vir hulle: “Sê my, wat het hierdie man gedoen wat so verskriklik is dat julle hom wil dood hê? Ek sal dat my soldate hom ’n goeie drag slae gee. Daarna sal ek hom loslaat.” |