Luke 23:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het hom begin beskuldig en gesê: Ons het gevind dat hierdie man die nasie verdraai en verbied om aan die keiser belasting te gee, deur te sê dat hy self Christus, die Koning is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die klag teen Hom begin voorlê: “Ons het bevind dat hierdie man ons volk opsweep; hy verbied hulle om belasting aan die keiser te betaal, terwyl hy beweer dat hy self die Messias, die Koning is.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.
Afrikaans 1983 Daar het hulle die aanklag teen Hom begin deur te sê: “Ons het bevind dat hierdie man ons volk ophits: hy belet hulle om aan die keiser belasting te betaal en beweer dat hy die Christus, die koning, is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het Hom begin aankla en gesê: “Ons het vasgestel dat hierdie man ons volk op 'n dwaalweg lei, en hulle daarvan weerhou om belasting aan die keiser te betaal, terwyl hy van homself gesê het hy is die Gesalfde – 'n koning.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het begin om Jesus te beskuldig. Hulle het gesê: “Ons het uitgevind dat hierdie man ons volk opstandig maak. Hy sê die mense moenie belasting betaal aan die keiser nie. Hy sê ook hy is 'n koning, die Christus.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar aangekom, het hulle Jesus van ’n kant af beskuldig: “Hierdie man het ons volk op ’n dwaalspoor gebring. Hy is ’n vals boodskapper van God. Boonop stook hy die mense op om nie belasting aan die keiser te betaal nie. Hy vertel links en regs dat hy die Messias is. Hy dink ook hy is die koning, nie die keiser nie.”