Luke 23:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het vir hulle gesê: Julle het hierdie man na my toe gebring soos een wat die volk verdraai; en kyk, ek, nadat ek hom voor julle ondersoek het, het geen fout gevind in hierdie man wat aan die dinge raak waarvan julle hom beskuldig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 en aan hulle gesê: “Julle het hierdie man voor my gebring as iemand wat die volk opgesweep het om te rebelleer. Ek het hom voor julle oë ondervra en ek het geen gronde gekry vir die aanklag waarvan julle hom beskuldig nie.
Afrikaans 1933/1953 Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;
Afrikaans 1983 en vir hulle gesê: “Julle het hierdie man voor my gebring as 'n opruier van die volk. Nou het ek in julle teenwoordigheid die saak ondersoek, en ek het in hierdie man geen grond gevind vir die aanklag wat julle teen hom inbring nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en vir hulle gesê: “Julle het hierdie man voor my gebring as iemand wat die volk op 'n dwaalweg lei. En kyk, ek het hom in julle teenwoordigheid verhoor, en kon hierdie man nie skuldig bevind op enige van die aanklagte wat julle teen hom inbring nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir hulle gesê: “Julle het vir my hierdie man gebring en gesê hy maak die mense opstandig. Ek het geluister na wat hy sê, maar ek kon niks kry wat wys dat hy skuldig is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kyk, julle het vir my kom sê dat hierdie Jesus ’n moeilikheidmaker is wat julle mense opstook. Ek het mooi na al die feite gekyk en agtergekom dat dit nie waar is nie. Hierdie man is onskuldig.