Luke 23:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dieselfde dag het Pilatus en Herodes saam vriende geword, want voorheen was hulle in vyandskap onder mekaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op daardie dag het Herodes en Pilatus mekaar se vriende geword, want vroeër was hulle vyande. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar. |
| Afrikaans 1983 | Op daardie dag het Herodes en Pilatus vriende geword. Voorheen was daar kwaaivriendskap tussen hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Juis op dié dag het Herodes en Pilatus, wat vroeër vyandiggesind teenoor mekaar was, vriende geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag het Herodes en Pilatus vriende geword. Voorheen was hulle vyande van mekaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terloops, op daardie dag het Pilatus en Herodes die strydbyl begrawe en goeie vriende geword. |