Luke 23:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Herodes met sy krygsmanne het Hom beledig en Hom bespot en Hom in 'n pragtige kleed aangetrek en Hom weer na Pilatus gestuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Herodes, saam met sy soldate, het Jesus met veragting bespot. Hy het Hom ’n blink kleed aangetrek en Jesus teruggestuur na Pilatus toe.
Afrikaans 1933/1953 En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom 'n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.
Afrikaans 1983 Herodes en sy soldate het Hom toe met veragting behandel. Hy het Hom 'n deftige kleed laat omhang, met Hom die spot gedryf en Hom daarna na Pilatus toe teruggestuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Herodes, en ook sy soldate, het Hom met minagting behandel en Hom bespot. Hulle het vir Hom 'n deftige kleed aangetrek en Hom na Pilatus teruggestuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Herodes en sy soldate vir Jesus verneder en Hom gespot. Hulle het vir Hom deftige klere aangetrek en Herodes het Hom teruggestuur na Pilatus toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Later was Herodes baie vies dat Jesus hom ignoreer. Hy en sy soldate het Hom sleggesê en rondgestamp. Toe het hulle vir Jesus deftige klere aangetrek. “Jy wil mos so graag ’n koning wees. Gaan wys nou vir Pilatus hoe lyk jy met jou koningsklere,” het Herodes spottend vir Jesus gesê en Hom teruggestuur.