Luke 22:66 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe dit dag geword het, het die oudstes van die volk en die owerpriesters en die skrifgeleerdes bymekaargekom en Hom na hulle raad gelei en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die nuwe dag breek, het die volksleiers, dit is die priesterhoofde en skrifkenners, saamgekom en hulle het Jesus voor hulle Raad gebring.
Afrikaans 1933/1953 En toe dit dag word, het die oudstes van die volk -- die owerpriesters en skrifgeleerdes -- vergader en Hom voor hulle Raad gebring
Afrikaans 1983 Toe dit dag word, het die Raad van die volk — die priesterhoofde en die skrifgeleerdes — vergader en Jesus voor hulle laat bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teen dagbreek het die Raad van Familiehoofde byeengekom, die leierpriesters en skrifkenners, en hulle het Hom na hulle Sanhedrin weggelei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe dit dag geword het, het die Joodse Raad vergadering gehou. Hulle was die Sanhedrin, dit is die familieleiers, die priesterleiers en die skrifgeleerdes. Hulle het vir Jesus voor hulle laat staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende oggend het ’n paar godsdienstige leiers besluit om Jesus voor die Joodse Raad te bring. ’n Noodvergadering van die Joodse Raad waarop al die belangrikste godsdienstige leiers sitting gehad het, is dadelik belê.