Luke 22:64 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle hom geblinddoek het, het hulle hom in die gesig geslaan en hom gevra en gesê: Profeteer, wie is dit wat jou geslaan het?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het Hom geblinddoek en aanhou sê: “Profeteer wie dit is wat jou geslaan het!”
Afrikaans 1933/1953 En hulle het Hom geblinddoek en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra en gesê: Profeteer wie dit is wat U geslaan het.
Afrikaans 1983 Hulle het Hom geblinddoek en gesê: “Jy is mos 'n profeet! Sê wie het jou geslaan!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het Hom geblinddoek en vir Hom gesê: “Toe, profeteer! Wie is dit wat u geslaan het?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het sy oë toegebind en vir Hom gesê: “Wys vir ons jy is 'n profeet en sê vir ons wie het jou geslaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Hom geslaan en gesê: “Toe, sê vir ons wat is die man se naam wat jou slaan. Jy is mos so ’n groot profeet!”