Luke 22:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het beloof en geleentheid gesoek om hom aan hulle oor te lewer in die afwesigheid van die skare.
Afrikaans (NLV) 2011 Judas het ten volle ingestem en na ’n gunstige geleentheid gesoek om Jesus uit te lewer waar die skares nie teenwoordig is nie.
Afrikaans 1933/1953 En hy het toegestem en na 'n goeie geleentheid gesoek om Hom sonder oproer aan hulle oor te lewer.
Afrikaans 1983 Hy het ingestem en na 'n geskikte geleentheid gesoek om Jesus te verraai waar die volk nie by is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het ingestem, en aanhou soek na 'n gepaste geleentheid om Hom aan hulle oor te lewer in die afwesigheid van die skare.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Judas het gesê dit is goed. Toe het hy 'n plan probeer maak en hy het gewag vir die regte tyd om Jesus te verraai. Hy moes dit doen waar daar nie ook ander mense is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het toe saam ’n plan uitgewerk hoe om Jesus te vang. “Ek sal wag vir die regte oomblik, dan sal ek vir julle ’n teken gee sodat julle Hom kan arresteer,” het Judas vir hulle gesê.