Luke 22:59 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En omtrent 'n uur daarna het 'n ander dit vol vertroue bevestig en gesê: Voorwaar, hierdie man was ook by hom, want hy is 'n Galiléër.
Afrikaans (NLV) 2011 Ná ’n tussenpose van ongeveer ’n uur het ’n ander persoon ferm bevestig: “Hierdie man was vir seker saam met hom. Hy is tog ook ’n Galileër.”
Afrikaans 1933/1953 En nverloop van omtrent een uur het 'n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 'n Galil,ër.
Afrikaans 1983 Na verloop van sowat 'n uur het nog een met beslistheid beweer: “Sowaar, dié een was ook saam met daardie man. Hy is mos ook 'n Galileër!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná ongeveer 'n uur het iemand anders daarop aangedring en gesê: “Sowaar, ook hy was saam met Hom, want hy is ook 'n Galileër!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ná omtrent 'n uur het 'n ander man ook gesê: “Maar ek is baie seker, hierdie man wás saam met Jesus se mense, want hy kom ook van Galilea.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Uur of wat later het nog iemand vir die ander mense gesê: “Sowaar, daardie man is ook ’n volgeling van daardie man van Nasaret. Luister net na sy aksent. Hulle klomp daar in Galilea sê mos sekere woorde anders as ons hier in Judea.”