Luke 22:55 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle 'n vuur in die middel van die saal aangesteek het en saam gaan sit het, het Petrus tussen hulle gaan sit.
Afrikaans (NLV) 2011 In die middel van die binnehof was daar ’n vuur wat knetterend gebrand het, met mense wat daar rondom sit. Petrus het tussen hulle gaan sit.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle 'n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit.
Afrikaans 1983 In die middel van die binneplaas was daar 'n vuur, en daar het mense bymekaar gesit. Petrus het tussen hulle gaan sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het 'n vuur in die middel van die voorhof aangesteek en daar by mekaar gaan sit, met Petrus tussen hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat vir Jesus gevang het, het 'n vuur aangesteek op die oop stuk grond voor die huis, en hulle het daar gaan sit. Petrus het ook by hulle gaan sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het gesien dat ’n klompie mense ’n vuur daar in die agterplaas gemaak het om hulle warm te hou. Hy het toe tussen hulle gaan sit.