Luke 22:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die wat rondom Hom was, sien wat sou volg, sê hulle vir Hom: Here, sal ons met die swaard slaan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe dié wat saam met Jesus daar was, besef wat met Hom gaan gebeur, vra hulle: “Here, moet ons hulle met die swaard tref?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die wat rondom Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: Here, moet ons met die swaard slaan? |
| Afrikaans 1983 | Toe dié wat saam met Jesus was, sien wat gaan gebeur, vra hulle: “Here, moet ons hulle met die swaard aanval?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe diegene wat saam met Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle: “Here, moet ons hulle met die swaard aanval? ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dissipels wat rondom Jesus gestaan het, het besef wat gaan gebeur, en hulle het vir Jesus gevra: “Here, moet ons die mense met ons swaarde aanval?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ander dissipels was baie geskok toe hulle agterkom dat Judas sy verraaier is. “Here, sê net, dan baklei ons! Ons sal U beskerm,” sê hulle vir Jesus. |