Luke 22:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Hy opstaan van die gebed en by sy dissipels kom, vind Hy hulle aan die slaap van droefheid,
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Jesus van die gebed opgestaan en by die dissipels gekom het, kry Hy hulle aan die slaap, gedreineer deur die hartseer.
Afrikaans 1933/1953 Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.
Afrikaans 1983 Toe Hy van die gebed opstaan en by die dissipels kom, kry Hy hulle aan die slaap, uitgeput van droefheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Hy ná sy gebed opstaan, gaan Hy na sy dissipels, en vind hulle van droefheid aan die slaap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jesus klaar gebid het, het Hy opgestaan. Hy het by die dissipels gekom en gesien hulle slaap vas. Hulle was moeg, want hulle was baie bekommerd oor Jesus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Jesus klaar gebid het, het Hy opgestaan en teruggestap na sy dissipels toe. Hulle almal was vas aan die slaap. ’n Paar van hulle het ’n rukkie vantevore met trane in die oë aan die slaap geraak toe hulle sien hoe swaar Jesus kry.