Luke 22:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hy in angs was, het hy ernstiger gebid, en sy sweet was soos groot druppels bloed wat op die grond geval het.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Hy intense angs beleef, het Jesus nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos druppels bloed geword wat op die grond drup.
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.
Afrikaans 1983 Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is deur intense angs oorval, en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos druppels bloed op die grond geval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Jesus baie bang geword en Hy het baie ernstig gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword en dit het op die grond gedrup.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus was nou in ’n geweldige stryd gewikkel. Hy het so ernstig gebid dat Hy later papnat van die sweet was. Dit het soos bloeddruppels van Hom afgeloop en op die grond geval.