Luke 22:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het onder mekaar begin vra wie van hulle dit was wat hierdie ding sou doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die dissipels mekaar begin uitvra wie van hulle dit tog kon wees wat só iets sou doen.
Afrikaans 1933/1953 Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen.
Afrikaans 1983 Toe begin hulle mekaar uitvra wie van hulle dit kon wees wat so iets sou doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het mekaar toe begin afvra wie van hulle dit tog sou wees wat so iets sou doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die apostels het vir mekaar gevra wie van hulle so iets sal wil doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dissipels was baie geskok daaroor. Hulle het onderlangs vir mekaar gevra: “Wie van ons sal so ’n verskriklike ding aanvang?”