Luke 22:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die owerpriesters en skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom kon doodmaak; want hulle was bang vir die volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesterhoofde en die skrifkenners het steeds bly soek na ’n onopvallende manier om van Jesus ontslae te raak, want hulle was bang vir die volk.
Afrikaans 1933/1953 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom kon ombring, want hulle het die volk gevrees.
Afrikaans 1983 Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes wou Jesus uit die weg ruim, maar omdat hulle bang was vir die volk, het hulle nog gesoek na 'n manier om dit te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die leierpriesters en die skrifkenners het bly soek na 'n geskikte manier om Hom dood te maak, omdat hulle bang was vir die volk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het planne gemaak om Jesus dood te maak. Dit was geheime planne, want hulle was bang vir die mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die godsdienstige leiers was baie omgekrap oor alles wat Jesus in die tempel gesê het. Hulle het toe besluit dis genoeg. Jesus moes doodgemaak word. Maar hulle het nie mooi geweet hoe nie, want die skare was in vervoering oor Hom. Toe kry hulle hulp uit ’n onverwagse oord.