Luke 22:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die uur aangebreek het, het Hy gaan sit, en die twaalf apostels saam met Hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die tyd aangebreek het, het Jesus vir die ete aangesit en die apostels saam met Hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom. |
| Afrikaans 1983 | Toe dit tyd was, het Jesus aan tafel gegaan en die apostels saam met Hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die uur aanbreek, het Hy en die •apostels saam met Hom vir ete aangeleun. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe dit die regte tyd was, het Jesus by die tafel gaan sit en die apostels, die dissipels, het saam met Hom gaan sit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen sononder het die paasmaaltyd begin. Jesus en al twaalf apostels was daar. |