Luke 22:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet jou 'n groot bovertrek wys wat toegerus is; maak daar gereed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie man sal julle ’n groot bovertrek wys wat gereedgemaak is. Daar moet julle dit voorberei.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sal julle 'n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei. |
| Afrikaans 1983 | En hy sal julle 'n groot bovertrek wys wat klaar daarvoor ingerig is. Daar moet julle dit voorberei.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal vir julle 'n groot bokamer wys wat reeds ingerig is. Daar moet julle voorbereidings tref.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die eienaar sal vir julle 'n groot kamer op die dak van sy huis wys. Alles wat ons moet hê vir die ete, is daar. Julle moet alles daar gereedmaak vir die Paas-ete.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dan sal daardie man julle na ’n groot kamer op die boonste verdieping van sy huis toe vat waar alles klaar regstaan vir die paasmaaltyd.” |