Luke 21:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Pas op dat julle nie mislei word nie, want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus; en die tyd kom nader; gaan dan nie agter hulle aan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 In reaksie daarop het Jesus gesê: “Pas op sodat julle nie mislei word nie, want baie sal na vore tree en maak of hulle namens My optree en sê: ‘Ek is die een,’ en: ‘Die tyd het aangebreek!’ Moenie agter hulle aanloop nie!
Afrikaans 1933/1953 En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
Afrikaans 1983 Hy antwoord: “Pas op dat julle nie mislei word nie, want baie sal onder my Naam kom en sê: ‘Dit is ek!’ en: ‘Die tyd het aangebreek!’ Moenie agter hulle aanloop nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het geantwoord: “Pasop dat julle nie mislei word nie, want daar sal baie mense in my Naam na vore tree en sê, ‘Dit is ek!’ of ‘Die tyd is op hande!’ Moenie agter hulle aanloop nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet oppas dat niemand julle bedrieg nie. Baie mense sal my Naam gebruik en sê: ‘Dit is Ek! Ek is die Christus!’ Hulle sal ook sê: ‘Die regte tyd het nou gekom.’ Maar julle moet hulle nie glo nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wees versigtig vir daardie mense wat allerlei stories hieroor opmaak,” sê Jesus toe vir hulle. “Baie mense sal sommer uit die bloute hier by julle opdaag en sê: ‘Kyk, dit is Ek, die Messias! Nou is God se nuwe wêreld uiteindelik hier!’ Maar moenie na hulle luister nie. Hulle is ’n spul leuenaars.